Neem byvoorbeeld jou kind, dit gebeur dat kinders gemeet word aan die standaarde wat die samelewing as goed of sleg beskryf. Kinders is goed want hulle:
- het n dak oor die kop, kos, en klere
- is fisies gesond
- word versorg deur ouers
- het goeie vriende
- is nie in "gangs" betrokke nie
- doen nie dwelms nie
- is nie alkoholis nie
- is nie seksueel aktief nie
- is nie betrokke in n kulte of satanisme nie
- word nie mishandel nie
Dieselfde geld vir jou man of vrou, of vir julle huwelik. Ons meet graag ons man of vrou aan die standaarde wat die samelewing stel.
Jy sien as ons die samelewing se standaarde gebruik of iets goed of sleg is vervang ons God met onsself. Ons vergeet van God se woord as ons vra of ons goed doen in ons huwelik of goed doen met die opvoeding van ons kinders, as ons volgens die samelewing meet. Wanneer ons volgens die samelewing se kriteia meet en ons voel ons is in lyn met die kriteria, dink ons ook dat ons in God se wil is, terwyl sy wil anders is.
Wat is die punt? God moet die absolute regter wees van hoe goed ons doen in ons huwelike of doen met die groot maak van ons kinders of hoe jy as vrou/man doen. God meet ons harte. Sy standaarde is anders, Sy standaarde is die van liefde, diensbaarheid en algehele gehoorsaamheid aan Hom. Meet volgens God se standaarde en nie volgens die standaarde van die samelewing nie.
No comments:
Post a Comment