Hand 20:24.Ek het onlangs weer na die gedeelte gekyk. Ons almal se lewenstaak is om die evangelie van God se genade te leef en te vertel.Ons dagtaak:interne ouditeur,akteur,onderwyser,prokureur,ingeneur,watter beroep jy ookal in staan is slegs die voertuig waarmee ons ons lewenstaak verrig.Iets om oor te dink.
Sunday, 1 December 2013
Friday, 26 July 2013
Klein is die nuwe groot
Vandag se wêreld lyk so:
Jesus se wêreld is heeltemal omgekeer. Kyk bietjie: wat sê Jesus:
Jesus sê self: Hy het nie gekom om gedien te word
nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as'n losprys.
Die fokus van vandag se wêreld is om van bo af te regeer oor ander mense, dit is 'n stryd om mag, eer en eerste wees. Mense werk kliphard om bo uit te kom sodat hulle oor ander kan regeer en kan baas speel. Ons wil groot en belangrik wees in mense se oë.
Ongelukkig het hierdie wêreldse manier van dink en doen ook in die kerke ingesluip. Die wêreldse se siening van eerste wees en groot wees het ook die kerk se siening geword. Verloorders in die samelewing is ook verloorders in die kerk van die Here. Suksesverhale in die wêreld is ook suksesverhale in die kerk. Belangrike mense in die samelewing is ook die belangrikes in die kerk.
Jy weet, Johannes en Jakobus het ook hierdie siening gehad. Markus 10 vertel hoe hulle die ereplekke langs Jesus wou hê as Hy as koning heers. En dan gee Jesus 'n heel ander antwoord as wat hulle verwag. Markus 10:42-45
“Julle weet dat dit by die nasies so is dat
hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die
mag oor hulle misbruik.
Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen
wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees;
en elkeen onder julle wat die eerste wil wees,
moet julle almal se dienaar(slaaf) wees.
Jesus se wêreld is heeltemal omgekeer. Kyk bietjie: wat sê Jesus:
"As jy groot wil wees, moet jy dien, as jy
eerste wil wees moet jy almal se dienaar wees"
Dit wat in die wêreld na 'n wen lyk is 'n
verloor en dit wat eerste is in die wêreld se siening is laaste in God se Koninkryk.
Jesus sê
basies: as jy groot wil wees word klein.
Jesus se Koninkryk is heel omgekeer,
onderste bo en agterstevoor – dit is radikaal anders. Deur klein te word, deur te
dien, deur die minste te wees, deur die wang te draai, deur slaaf te wees,deur nog 'n ekstra kilometer te loop word jy groot. Hierdie is
eintlik 'n baie positiewe uitspraak van Jesus, want Hy wys ons juis hoe ons in
Sy Koninkryk kan groot word en hoe ons eerste kan wees. God self het klein (mens) geword, 'n slaaf kom word en ander kom dien - en Hy is die Koning van die heelal!
Om groot te wil wees soos die wêrled dit sien is 'n houding waarvan ons moet bekeer. Ons moet weer van ons troontjies afklim waar ons rustig agteroor
sit en bedien wil word, en eerder dienaars word. Ons houding moet een wees van "Bottoms up" en nie "top to bottom" met hierargie, gemak, selfsug, en 'n selfgerigtheid nie.
Ons moet 'n houding hê waar ons nie neerkyk op ander
nie, maar opkyk soos Jesus in sy dissiples se oë gekyk het toe Hy hulle voete
gewas het.
As die koning van die heelal so houding gehad het en Hy vra dat ons Hom sal volg, kan ons dit maar gerus doen. Klein is toe nou die nuwe groot.
Thursday, 9 May 2013
Breekbaar - Hanteer versigtig
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgVuMb-fKNsAqd_pxTJXXQMhdH9pHrhGNVTrkdbVqtqf3Z6VaWNXgGARqDcYh-oA0F7Bpm5s3ORcoNAkW_TzOu65v94yoyGN3Pff4GUA1YgHg0VF0B6PeLmCfbLDmiWuE8Psrmo_dwkemuV/s1600/breekbaar-hart.jpg)
Jy moes al bokse gesien het waarop staan - "Breekbaar" en dan net onder dit staan daar nog twee woorde: "hanteer versigtig".
Dit kom gewoonlik op bokse voor waarvan die inhoud breekbaar is en wanneer jy die boks hanteer moet jy dit met alle versigtigheid hanteer, sodat die inhoud daarvan nie breek nie.
Ek wonder baie keer...hoekom kan ons dit op bokse lees waarvan die inhoud dalk glas is, of leweloos is, maar as dit by mense kom hanteer ons hulle nie dieselfde nie.
As mens rondry in die verkeer of by besighede instap, of selfs net tv kyk, dan sien ons gereeld hoe mense mekaar afbreek, indoen, sleg hanteer, of selfs ignoreer.
Jy weet, die Here sê so duidelik in sy Woord dat ons mekaar moet opbou in liefde (Ef 4:16), dat ons mekaar se laste moet dra (Gal 6:2), dat ons mekaar moet dien in liefde (Gal 5:13).
As dit die opdrag is dan moet ons proaktiewe opbouers wees in mense se lewe. Dan moet ons eerder ons gawes gebruik om mense wat ons paaie kruis te dien. Ons moet in ander se lewe inbou, sodat hulle die Here nog beter sal dien en nog n beter uitsig op Hom sal hê.
Hoe kan jy mense opbou? Bou in mense se lewe in deur opbouende woorde, deur jou gebede, deur n vermaning, deur leiding te gee, met die gawe van wysheid , of onderskeidingsvermoë. Belê met jou gawes in ander se lewe.
Dan bou jy op, dan belê jy, dan het jy jou naaste lief.
Dalk vergeet ons soms dat mense deur misdaad, egskeidings, teleurstelling, siekte gebreek word. Kan jy dink as ons mekaar se stories ken, hoe kan ons dan mekaar se wonde verbind,en hoe kan ons mekaar help of sommer net n skouer te wees en laste te dra.
Dit is die kerk se roeping:
Stukkende mense moet by die kerk van die Here kan ontdek dat ander mense die plakker op hulle raaksien "breekbaar, hanteer versigtig". (Stephan Joubert)
Wanneer jy dus in die alledaagse lewe rondbeweeg en met mense werk, hanteer elkeen versigtig, probeer sy storie ken want ons is breekbare mense. Bou op, dra, vertroos, hanteer versigtig is die taal wat die kerk moet praat.
Ek het op hierdie video clip afgekom, wat presies illustreer dat elke mens 'n storie het, en as ons moeite doen om elkeen se storie te ken, kan jy weet waar om daardie persoon met jou gawe te bedien.
Tuesday, 16 April 2013
Waarmee meet ons?
Ek het onlangs n boek gelees van George Barna - Revolutionary Parenting, waarin hy iets noem wat my brein heeltemal gebreek het. Wat is die maatstaf waarmee ons bv ons kinders aan meet, of ons huwelike of jou man of vrou?
Neem byvoorbeeld jou kind, dit gebeur dat kinders gemeet word aan die standaarde wat die samelewing as goed of sleg beskryf. Kinders is goed want hulle:
Dieselfde geld vir jou man of vrou, of vir julle huwelik. Ons meet graag ons man of vrou aan die standaarde wat die samelewing stel.
Jy sien as ons die samelewing se standaarde gebruik of iets goed of sleg is vervang ons God met onsself. Ons vergeet van God se woord as ons vra of ons goed doen in ons huwelik of goed doen met die opvoeding van ons kinders, as ons volgens die samelewing meet. Wanneer ons volgens die samelewing se kriteia meet en ons voel ons is in lyn met die kriteria, dink ons ook dat ons in God se wil is, terwyl sy wil anders is.
Wat is die punt? God moet die absolute regter wees van hoe goed ons doen in ons huwelike of doen met die groot maak van ons kinders of hoe jy as vrou/man doen. God meet ons harte. Sy standaarde is anders, Sy standaarde is die van liefde, diensbaarheid en algehele gehoorsaamheid aan Hom. Meet volgens God se standaarde en nie volgens die standaarde van die samelewing nie.
Neem byvoorbeeld jou kind, dit gebeur dat kinders gemeet word aan die standaarde wat die samelewing as goed of sleg beskryf. Kinders is goed want hulle:
- het n dak oor die kop, kos, en klere
- is fisies gesond
- word versorg deur ouers
- het goeie vriende
- is nie in "gangs" betrokke nie
- doen nie dwelms nie
- is nie alkoholis nie
- is nie seksueel aktief nie
- is nie betrokke in n kulte of satanisme nie
- word nie mishandel nie
Dieselfde geld vir jou man of vrou, of vir julle huwelik. Ons meet graag ons man of vrou aan die standaarde wat die samelewing stel.
Jy sien as ons die samelewing se standaarde gebruik of iets goed of sleg is vervang ons God met onsself. Ons vergeet van God se woord as ons vra of ons goed doen in ons huwelik of goed doen met die opvoeding van ons kinders, as ons volgens die samelewing meet. Wanneer ons volgens die samelewing se kriteia meet en ons voel ons is in lyn met die kriteria, dink ons ook dat ons in God se wil is, terwyl sy wil anders is.
Wat is die punt? God moet die absolute regter wees van hoe goed ons doen in ons huwelike of doen met die groot maak van ons kinders of hoe jy as vrou/man doen. God meet ons harte. Sy standaarde is anders, Sy standaarde is die van liefde, diensbaarheid en algehele gehoorsaamheid aan Hom. Meet volgens God se standaarde en nie volgens die standaarde van die samelewing nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)